top of page
Balanced Objects

Ek was nog altyd baie lief vir skryf. Ek was 13 jaar oud toe ek my eerste liedjie geskryf en self gesing het. (Ek sing lankal nie meer nie). Ek skryf al my seer gedagtes en emosies op papier neer. Vir lank was my skryfgoed weg gebêre in boeke en in 'n kas vergeet, maar nou, met die hulp van A.I (Artificial Intelligence), kan ek my skryfwerk met ander deel. Mag my woorde ook vir elkeen van julle betekenis in hierdie lewe bring. Die musiek is alleenlik vir persoonlike gebruik beskikbaar.

Armoede het ek vir Mona geskryf. Sy het regtig scrap verkoop. Sy het regtig haar bra vasgemaak met draad. Sy het disleksie. Ensovoorts. *Tranetrekker vir sensitiewe siele 

ArmoedeSharon Kruger
00:00 / 04:10

Narsis het ek vir my pa geskryf. Die seer woorde beskryf hom presies net soos hy was. Die genre is Christelik, sag en emosioneel.

NarsisSharon Kruger
00:00 / 02:32

Ek hou niks van snobs nie. Party mense dink regtig te veel van hulself. Die genre is Afrikaner folk.

SnobSharon Kruger
00:00 / 02:30

Onwetend gevang het ek vir my ma geskryf. Die genre is emosioneel en Afrikaner folk.

Onwetend gevangSharon Kruger
00:00 / 02:01

Met die wêreld se seer kan sensitiewe siele mee verband hou. Die genre is Christelik en Koor harmonie. 

Die wêreld se seerSharon Kruger
00:00 / 03:12

Ek weet niks, het ek geskryf nadat ek baie hard geval het en geleer het; my enigste hulp kom van God. Die genre is Christelik en Koor harmonie.

Ek weet niksSharon Kruger
00:00 / 02:48

Goue Kroon het ek geskryf nadat ons gesin alles verloor het en afhanklik was van ander mense. Die genre is Christelik en Koor harmonie.

Goue KroonSharon Kruger
00:00 / 04:12

Jesus se voorbeeld. Jesus se nederigheid laat my in verwondering. Ons kan net probeer beter wees. Die genre is Christelik en Chillstep.

Jesus se voorbeeldSharon Kruger
00:00 / 03:24

Ek is swak het ek geskryf terwyl ek by Jesus se voete gelê en bid het vir krag. Die genre is Christelik en emosioneel.

Ek is swakSharon Kruger
00:00 / 02:49

Vrees het ek namens my man geskryf. Hy het vir lank alleen sy skuld gedra. Die genre is Gospel pop en chillstep.

VreesSharon Kruger
00:00 / 03:25

Dankbaar wees het ek vir my pa geskryf, maar ook vir alle ondankbare mense. Die genre is Gospel Dream Pop.

Dankbaar weesSharon Kruger
00:00 / 02:43

Dankbaarheid het ek geskryf nadat ek Facebook vriende in die regte lewe ontmoet het. Die genre is Christelik en Afrikaner folk.

DankbaarheidSharon Kruger
00:00 / 02:50

Geloof, Genade, het ek geskryf nadat familie ons gesin te na gekom het. Ek het besluit om te vergewe en te laat gaan. Genre is Christelik.

Geloof, GenadeSharon Kruger
00:00 / 03:14

My mammie was 'n senuweelyer en ongelukkig het die swaarkry haar onder gekry. Die genre is Afrikaner folk.  

MammieSharon Kruger
00:00 / 02:15

Vergelding het ek vir die monster geskryf wat my bitter seer gemaak het toe ek vier of vyf jaar oud was. Die genre is Christelik en Chillstep.

VergeldingSharon Kruger
00:00 / 02:29

Vat my seer of vat my weg het ek geskryf nadat ek uitgevind het van my man se verslawing. Die genre is Christelik en emosioneel.

Vat my seer of vat my wegSharon Kruger
00:00 / 02:40

Emosionele mishandeling het ek vir my ma geskryf. Die genre is koor harmonie en emosioneel.

Emosionele mishandelingSharon Kruger
00:00 / 02:43

Vergewe het ek geskryf toe ek 16 jaar oud was - vir myself en mense wat my seergemaak het. Die genre is Dark Chillstep.

VergeweSharon Kruger
00:00 / 03:35

Boemelaar het ek vir my ma geskryf nadat ek verneem het van haar lewens-omstandighede en haar vroeë dood. 

BoemelaarSharon Kruger
00:00 / 02:33

Wens ek het jou geken het ek vir my oupa geskryf. Hy het selfmoord gepleeg - In Hartbeespoortdam gespring toe ek 1 jaar oud was.

Wens ek het jou gekenSharon Kruger
00:00 / 02:57

Hou vas aan dit wat belangrik is het ek geskryf nadat ons alles verloor het, maar ons het mekaar. Die genre is Christelik en emosioneel.

Hou vas aan dit wat belangrik is.Sharon Kruger
00:00 / 03:07

Liewe Here, red my gou, het ek geskryf omdat ek besef het dat God my enigste hulp is. Die genre is Gospel dream pop.

Liewe Here, red my gouSharon Kruger
00:00 / 02:48

Spyt kom te laat het ek vir my skoonma geskryf. Die genre is Alternative Rock.

Spyt kom te laatSharon Kruger
00:00 / 02:30

Vrou se medelye het ek vir my pa se meisie geskryf. Haar dogter is oorlede van dwelms. Genre is emosioneel. 

Vrou se medelyeSharon Kruger
00:00 / 02:47

Suinigheid het ek vir 'n oom geskryf wat my aan Scrooge McDuck herinner. Die genre is Afrikaner Folk.

Ryk man Sharon Kruger
00:00 / 02:25

Ontelbaar keer het ek geskryf omdat iemand eendag vir my gesê het dat mens oor die hartseer van jou verlede moet kom. Die genre is Dark Chillstep. 

Ontelbaar keerSharon Kruger
00:00 / 03:18

Bevraagteken jouself het ek vir die Christelike Snobs geskryf wat ook te veel van hulself dink. Die genre is Afrikaner Folk.

Bevraagteken jouselfSharon Kruger
00:00 / 01:53

Hersenskim het ek in die Kinderhuis geskryf toe ek 16 of 17 jaar oud was. Die genre is Dark Chillstep.

HersenskimSharon Kruger
00:00 / 02:24

Genoeg is genoeg het ek vir 'n tannie geskryf wat alles weet. Sy is altyd reg en almal is verkeerd. Genre is Afrikaner Folk.

Genoeg is genoegSharon Kruger
00:00 / 02:30

Kleure van die reënboog - 2003 gepubliseer in 'n digbundel - geskryf vir Suid Afrika se reënboognasie. Die genre is Gospel Dream Pop.

Kleure van die reënboogSharon Kruger
00:00 / 03:24

Leuens - Ons almal het al leuens vertel, maar ons moet leer uit ons foute, berou en bekeer! Die genre is Country en 80's.

LeuensSharon Kruger
00:00 / 03:50

Bitterheid maak mens hard en ongevoelig . . .  soms kranksinnig. Ons moet partykeer die seer uit skryf of uit skree. Die genre is chillstep.

BitterheidSharon Kruger
00:00 / 03:19

My kruis - ons elkeen dra 'n kruis; openlik of agter toe deure. Die genre is Gospel Harmony en Emotional. 

My kruisSharon Kruger
00:00 / 02:36

Verlede of toekoms het ek geskryf toe ek baie jonk, onervare en impulsief was. Die genre is Gospel Dream Pop. 

Verlede of ToekomsSharon Kruger
00:00 / 03:14
bottom of page