top of page

Afrikaanse Uittreksel

Depressie was soos ’n kruispad voor ons waar elkeen alleen en afgesluit gevoel het – die flenters van ons lewe saamgelap. Trauma-vegters kweek die gewoonte om meer tyd alleen te spandeer, want alleen-wees is veilig. Ek het aan geloof vasgeklou en geglo die Here sal voorsien, al moet ek weer gaan werk – tot die dag wat ek in my vriendin se buite toilet wakker geword het... in my eie kots!

Bladsy 80

My jongste seun het ’n lang stok waarmee hy buite speel en bêre die stok waar die honde hom nie kan kry nie – reg langs die woonstel se deur. Sy oupa, die kinderagtige boelie, vat die stok en gooi hom aspris op die dak sodat sy kleinkind ure lank loop en soek na die stok. Ek wonder of hy homself daarin verlekker om ’n boelie te wees? Narsistiese ouers word aaklige grootouers en sal hulle kleinkinders ook terroriseer deur paniek in hulle te boesem.

20251225_150745.jpg

Indien jy gereed is om die hele boek te lees: eBoek (Nie print nie)

Beskikbaar deur Paystack 

(Suid Afrika en ander Afrika lande)

Of Paypal

(Internasionaal)

eBoek Dogter_edited.jpg

Indien jy die EPUB formaat verkies

Die EPUB formaat is makliker om te lees op 'n selfoon of tablet. Laai die EPUB Reader van die Google Play Store af. 

Sagteband-boek slegs beskikbaar in Suid Afrika (Print boek)

Hierdie gedrukte boek is slegs beskikbaar in Suid Afrika. Jou boek sal geteken wees deur my.

Slegs Pudo Lockers word gebruik vir aflewering.

Lees hier:

​

 

Dogter snip.PNG
bottom of page